Meer oor Hettie


“Dit is regtig vir my kosbaar om deel te kan wees van die groot oomblikke in mense se lewens.” – Hettie du Plessis-Krüger, Lugkasteel Fotografie.

Hettie het op 8 Januarie 2011 haar heel eerste troue afgeneem en besef dit is haar absolute passie. Lugkasteel Fotografie het dus op 8 Januarie 2021 ‘n baie groot mylpaal gevier – Tien jaar in die bedryf!

Hettie is ‘n Kalahari-nooi en woon saam met haar man, Phillip, in Kuruman (Noord-Kaap) waar sy ‘n tuis-ateljee het. Sy reis graag om troues af te neem.

Hettie het in 2013 ‘n Diploma-kursus in Troubeplanning voltooi, wat baie waardevolle kennis vir ‘n troufotograaf is. Die jare se ondervinding was natuurlik ook ‘n fantastiese leerskool. 

As jy Hettie as jou troufotograaf bespreek, kry jy iemand wat saam met jou droom oor jou groot dag en iemand wat dáár is vir jou as ‘n krisis sou opduik.

Haar grootste wenk aan bruide is om ‘n uur vroeër te begin regmaak. As daar ‘n krisis opduik, het jy tyd om dit te hanteer. As alles glad verloop, het jy ‘n ekstra uur vir foto’s (en dit kan mos glad nie skade doen nie).

Hettie het Modeontwerp studeer, waar Fotografie een van haar vakke was. Met haar modeontwerp agtergrond, het Hettie al vele bruide se rokke agter ingeryg en selfs rokke se bandjies weer aangewerk.

In 2009 is sy as Kathu Fotografie Klub se Fotograaf van die Jaar aangewys en in 2013 was sy die Algehele Wenner van ATKV Kathu-tak se Fotografie Kompetisie.

Read more about Hettie and Lugkasteel Fotografie at: https://kathubiz.co.za/2021/09/22/kathu-biz-interviews-hettie-du-plessis-kruger-owner-of-lugkasteel/

Volg my blog

Design a site like this with WordPress.com
Get started